Wednesday, March 30, 2016

Swart Rassisme vs Wit Rassisme



RASSISME-WETGEWING
Hannes Engelbrecht (Front Nasionaal).
Zuma en sy trawante, die grootste rassiste van omgekeerde Apartheid, beplan blykbaar wetgewing om rassisme ‘n misdaad te maak. By Front Nasionaal het ons sedert die twyfelagtige “Penny Sparrow”-saak boekgehou – vir elke een wit rassistiese uitspraak wat opgeblaas word in die media was daar meer as 70 swart rassistiese uitsprake.
Die feit van die saak is dat daar wel wit rassisme is. Dit is, volgens ons by Front Nasionaal, egter slegs een van die simptome van die veel erger siekte. Dit is ook ietwat laf om 10% van die bevolking se rassisme uit te lig en die ander 90% se rassisme te ignoreer.
Stereotipering en veralgemening is deel van die mensdom en dit sal altyd deel van die mensdom bly. Dit is deel van stereotipering om ‘n rassegroep almal oor dieselfde kam te skeer – veral as die veralgemening van toepassing gemaak kan word op ‘n meerderheid van daardie rassegroep. En veral ook as dit statisties gestaaf kan word deur misdaadsyfers, plaasaanvalle, die tronkbevolking en onderwysuitslae.
Kan jy ‘n gewone witmens kwalik neem as hy ‘n grootliks swart sirkus in sy hoogste gesag, die Parlement, sien en veralgemeen dat dit die swart psige is? Nie almal is filosowe of politici nie – die gewone mens kyk met sy oe en hoor met sy ore.
Daagliks sien ekself en duisende wittes hoe basiese dienste in hospitale en plaaslike owerhede onder swart beheer ineenstort.
Wat is die witte se gevoel as hy sien dat die kwotastelsel in sport toegepas word sodat die swak skakel in sportspanne die kwotaspeler is? Wat is die witte se gevoel as hy sien hoe swart kaderontplooiing in regstellende aksie klaaglik misluk in Eskom, die SAA, Transnet en die Poskantoor? Daardie simptoom word die siekte, want die stereotipering word daardeur versterk.
Jare gelede was daar ‘n kinderreeks oor Tyl Uilspieel, ‘n dwaas wat allerhande stommiteite aangevang het. Op ‘n vraag aan Uilspieel waarom almal vir hom kwaad is, antwoord hy: “Want ek maak daarna”.
Vandag ry Tyl Uilspieel met ‘n donkerbril in ‘n swart BMW met getinte ruite en flitsende blou ligte. Sy arrogante houding in staatskantore, supermarkte, werksplekke en vakbonde vervreem die witte. Hy neem geen verantwoordelikheid vir sy eie dade nie.
Stereotipering en veralgemening oor ‘n rassegroep is ‘n simptoom van die groter siekte van arrogansie, onbekwaamheid en kultuurvreemde gebruike. As ek lees van sangomas, tradisionele slagtings, veelwywery, korrupsie en magsmisbruik is dit vanselfsprekend dat ‘n rassevlam sal begin brand.
Natuurlik is daar wit rassisme, want nes Tyl Uilspieel maak die ANC daarna.

No comments:

Post a Comment

Heritage Day 2018: South Africa

My name is Nigel Olifaut. I am a white South African male, proud to be white with my declaration for Heritage Day 24 September 2018: 1....