Friday, May 26, 2017

Spur vs Solidaritieit en die Kwansuise Spur Boikot


Na aanleiding van die voorval in ‘n Spur nou onlangs toe Spur teen die blanke opgetree het maar nie teen die swarte nie, het Spur blykbaar ‘n knou gekry en het Spur se hoofbedrysbeampte Mark Farrely ‘n brief aan Dr. Dirk Hermann van Solidariteit geskryf en o.a. te velde getrek teen konserwatiewe wit Afrikaners wat kwansuis ‘n boikot-aksie teen Spur van stapel gestuur het.

Na aanleiding hiervan het Dr. Herman vir Mark Farrely ‘n les of twee gegee oor hoekom daar ‘n afname in Spur se inkomste is – volg skakel om brief te lees:

‘Ek het my aptyt om by Spur te eet verloor’ http://spens.co.za/ep3

Uit die bloute het Pierre van Tonder, Spur se Uitvoerende Hoof op Dr. Hermann se brief aan Mark Farrely geantwoord. (Mens kan net wonder hoekom Mark Farrely nie die moed gehad het om Dr. Hermann self the antwoord nie?)  Volg skakel om Van Tonder se brief te lees:

Spur-hoof se ope brief aan Solidariteit http://spens.co.za/er0

Ook vir Van Tonder het Dr. Hermann ‘n paar lesse gegee hoe om Spur se swak naam op te bou en weer klante te lok. Volg skakel om Dr. Hermann se brief te lees:

‘Spur-mense het gepraat, nie ek nie’ – Dirk Hermann reageer http://spens.co.za/erp

Wie weet, miskien gee Spur en Van Tonder miskien aandag aan Dr. Hermann se goeie raad??

Maar intussen lyk dit my dit is Solidariteit 10 en Spur 0.


Danie

No comments:

Post a Comment

Heritage Day 2018: South Africa

My name is Nigel Olifaut. I am a white South African male, proud to be white with my declaration for Heritage Day 24 September 2018: 1....